Die kameelperd, Giraffa camelopardalis, is 'n soogdier van die familie Giraffidae. Kameelperde kom in Afrika voor, waar hulle in veral in oop bosveld aangetref word.
Kameelperde het 'n kenmerkende voorkoms, met hul lang nekke kan hulle tot 5,5 m lank word. Die diere se naam is ook nie, soos dikwels foutief aangeneem word, 'n samestelling van "kameel" en "perd" nie, maar is 'n verafrikaansing van die Latynse camelopardus, oftewel "kameel" en "luiperd". In hierdie geval verwys "luiperd" na die bruin vlekke op die kameelperd se pels. Volwasse kameelperde weeg ongeveer 1500 kg en kan danksy hul sterk, lang bene so vinnig as 50 km/h hardloop.
Na 'n draagtydperk van 14 tot 15 maande word een kalf gebore, gewoonlik vanaf Oktober tot Januarie. Die kalfie weeg reeds met geboorte tussen 40 en 60 kg en is dan 180 cm hoog. Kameelperde het 'n moontlike lewensduur van 28 jaar.
|